Free Web Hosting by Netfirms
Web Hosting by Netfirms | Free Domain Names by Netfirms

  Steenkamp Familie

Stamvader Jan Harmensz
Wilhelm se Lyn
Gerrit se Lyn
Stories deur Willem Steenkamp

Jan Harmenszoon Steenkamp, die stamvader van die Steenkamps in Suid-Afrika, het veertien kinders gehad: vier by sy eerste en tien by sy tweede vrou.

Hierdie webwerf vertel iets van die stamvader en sy familie, en volg dan twee takke van sy nageslag, die afstammelinge van sy elfde kind, Wilhelm, en sy dertiende kind, Gerrit.

Ons vertel ook iets van die vrouens wat met Steenkamps getroud is: ons DNA kom mos darem van twee kante af!

Ons sal graag die webwerf uitbrei deur ander Steenkamp-informasie by te voeg: as enigiemand interessante foto's of stories met 'n Steenkamp-strekking wil bydra, voeg ek graag daarvoor 'n bladsy by.
E-pos anna3mc@yahoo.com

Europese Oorsprong

Jan Harmensz STEENKAMP, die stamvader van die Steenkamps in Suid-Afrika, het in 1714  na die Kaap gekom van Nieuwkerk - dis nie duidelik of dit die Hollandse of Belgiese dorpie met dié naam was nie. 

Die "Harmensz" deel van sy naam is 'n patroniem: voluit "Harmenszoon", menende dat hy die seun was van Harm.

Steenkamp is oorspronlik 'n Duitse van, Steinkampf.

Hier volg 'n uittreksel uit Familia, die kwartaalblad vd Genealogiese Vereniging van SA ... dit help nie veel met ons kennis van Jan Harmensz se tuisdorp nie, maar is interessant omdat dit die Duitse wortels aandui:

"Daar is onlangs vanaf 'n Mev Juriaanse (gebore Steenkamp) van Leersum, Nederland, 'n fotostatiese afdruk van die Genealogiese Register van Nederland ontvang.

Die genealogie, sedert die vesting in Nederland, is as volg:

Frederik Steenkamp kwam as ruiter vanuit Minden, Duitsland, te Hoorn, Nederland, lidmaat van der Lutherse gemeente te Hoorn. 1 Oktober 1733 trou [hy met] Anna Engel.

In die voetnota verskyn die volgende:

De naam Steinkampf komt in 't laast der 17de en het begin der 18de eeuw in die oude kerkregisters van Minden voor. In St Martini Minden werden de volgende kinderen gedoopt van Pieter Steinkampf, "soldat":

Den 18 Juli 1697 Anna Margaretha;

18 Augustus 1689 (moontlik 'n misdruk vir 1699) Peter Albert;

5 November 1702 Anna Elizabeth.

Den 11 Februari 1714 huwden Peter Steinkampf "afgedankte soldat" met Ilsabe Maria Timmermans van Volmerdingen. Op 5 Juli 1715 werd den corrector te Minden Conrad Bernhard Steinkamp (sonder die f gespel) geboren."

Die afstammelinge van Frederik Steenkamp verskyn dan verder in die Genealogiese lys. Sy oudste seun was Frans Wilhelm Steenkamp, gedoop Hoorn 8 November 1735, begrawe Bergen-op-Zoon 8 November 1788.

Dit is ongelukkig dat daar geen besonderhede opgespoor kan word van die doop van Frederik of van die SA stamvader Jan Steenkamp in die registers in Minden nie, en daar kan alleen gegis word wanneer Jan of sy vader Harmen na Nederland getrek het, en of beide Frederik en Jan afkomstig is van dieselfde Steinkampf wat in die ou kerkregisters van Minden verskyn.

Jan Harmensz Steenkamp het veertien kinders gehad by sy twee vrouens, en ons volg nou die nasate van sy elfde kind, Wilhelm, en sy dertiende kind, Gerrit.

 

Terug na bo / Back to top of page

[ Read / Sign my guestbook ]
Get a free Guestbook
Home / Tuisblad Gerrit se Lyn Wilhelm se lyn
Stamvader Jan Harmensz
Geweerstories Uit Willem se Pen   Willem (Die Swyger) Steenkamp
 

 

E-mail Willem discovery40@mweb.co.za

E-mail Anna annasteenkamp@yahoo.com

Webwerf ontwerp en onderhou deur Anna anna3mc@yahoo.com