|



Die tweede en derde geslag: twee Gerrits
 |
Gerrit STEENKAMP
en Hendrina Cecelia KRUGER
|

|
|
Die eerste drie geslagte in hierdie
tak van die Steenkamp-familie in
Suid-Afrika was Jan Harm gevolg deur twee Gerrits. Die volgende drie was almal Johan David Gerhardus
genoem en die laaste
drie Jacob Rudolph.
|
|
Ons stam af
van JAN en JANNETJE se dertiende kind,
GERRIT,
en sy vrou Hendrina Cecilia KRUGER. |
|
Gerrit
STEENKAMP, gedoop 7 Okt 1736
getroud 10 April 1763 met
Hendrina Cecilia KRUGER, gedoop 3 Julie 1744.
Hulle
het agt kinders gehad:
-
Johanna
c.1764, m. Jacob de Klerk
-
Jacob,
c.1766, m. Johanna Catharina Pretorius
-
Jan
Harmse, c.1768, m. Regina Barbara Nieuwoudt
-
Christina,
c.1769, m. Gerrit Diederik Victor
-
Gerrit
STEENKAMP, gedoop 24 Feb 1771
trou
13 Maart 1796 Barbara
Margaretha GRIESEL b. Paarl Junie 1780
6. Hendrina
Cecilia, c.1773, m. Guilliam van Niekerk
7.
Gesina,
c.1775, m. Daniel Nel
8.
Carel
Gerrit, c.1777, m. 1799 sy niggie Johanna Lavina
Steenkamp.
|
Die Vrou se Kant
Hendrina
se ouers was Jacob KRUGER and
Christina STRANG.
Jacob
KRUGER, (b.17.7.1718, d.10.11.1778) was
die tweede seun van Jacob KRUGER, die stamvader van die KRUGERS
van SuidAfrika. Pres. Paul Kruger (links) was sy
agterkleinseun. Stamvader Jacob
was gebore 28 Julie 1690 in Sandenbeck, Berlyn, Duitsland. Sy ouers was Franz Kroger
en Elizabeth Pemoller. Hy het na die Kaap gekom as "n
slodaat in diens van die Kompanjie, aan boord die Middelwout. Op
1 Mei 1718 trou hy en Jannetje Kemp in Kaapstad. Hulle het nege
kinders gehad.
Christina
STRANG was
gebore 1721 in Kaapstad, dogter van Carel
STRANG (STRAUS) b. c.1693 Gothenburg, Swede, and sy vrou Anna
Maria SWART b. c.1697 Stockholm.
In 1727 trou Anna
Maria, 'n weduwee met drie dogters, met Joachim Scholtz,
a Pruis wat in 1720 na die Kaap gekom het. Hy het gewerk as 'n stalkneg
en later as 'n plassarbeider. Anna Maria sterf in 1732. Joachim moes toe
alleen sorg vir die twee seuns uit sy huwelik met Anna Maria asook vir Christina,
die enigste oorlewende Strang dogter. Hy het darem 109,14 riksdaalers
by sy vrou geërf.
Joachim Scholtz
was blykbaar maar 'n
sukkelaar: na sy vrou se dood het hy aansoek gedoen om 'n toelaag vir
homself en die kinders, op grond van "armoede en swak
gesondheid".
Nadat Christina
STRANG met
Jacob
KRUGER getroud is, het sy gesorg vir haar oorlewende
halfbroer, Jan
Joachim SCHOLTZ.
In 1733 is Joachim
Scholtz getroud met sy derde vrou, Anthonietta CAMPHER,
'n dogter van Lorenz CAMPHER en die voormalige slavin
Ansela van die Kaap.
|
|
 |
Gerrit STEENKAMP en
Barbara Margaretha GRIESEL
|
|
Gerrit
STEENKAMP, gedoop 24 Feb 1771, getroud 13 Maart 1796 met
Barbara
Margaretha GRIESEL,
gebore Paarl Junie 1780.
Vier Kinders:
-
Anna
Maria Jacoba,
gedoop 9 Nov 1800, vernoem na haar ouma Anna Maria Jacoba PELSER.
-
Onbekend
-
Johan
David Gerhardus b.15 Mei
1805, dood as baba.
-
Johan
David Gerhardus,
gebore 15 Mei 1808, Kaapstad,
gedoop 7 Aug 1808. Hy was 'n boer. Sterf 27 Mei 1872 op Hopetown, in
die ouderdom van 63 jaar en 16 dae.
Death
notice dd 1872 held at Cape Archives, Cape Town. File ref:
MOOC6/9/140 ref 8358
He was
waarskynlik vernoem na sy twee oupas, Johannes David Grootschel/Griesel
en Gerrit
Steenkamp.
Hy
trou 22 Feb 1832 op Graaff-Reinet met Johanna
Cornelia Jacomina SWIEGERS
gebore 16 April 1814. She sterf 15 Nov 1890 op Beren in die Hay
Distrik, nou Postmasburg.
Hulle
het twaalf kinders gehad.
|
Die Vrou se Kant
Barbara
Margaretha GRIESEL
was die dogter van Johannes David GROOTSCHEL, van Copenhagen.
Hy was 'n matroos op die Deense
skip Olifant wat skipbreuk gely het in 1750 aan die
Kaapse kus by Mosselbaai. Hy het die ramp oorleef en werk gekry by Casper Badenhorst
vir wie hy twee jaar gewerkhet. Daarna was hy in diens van die Heemraad N. Vlok.
In 1760 trou hy met Anna
Maria Jacoba PELSER.
Die van het geleidelik verander
in die Drakensteinse doopregisters: Grootschel in 1761, Grisschel in
1771, Grisel in 1794 en teen 1800 het dit Griesel geword.
Dit lyk asof dit by hierdie seevarende Deense voorvader is waar
ons tradisionele Steenkamp-familienaam van
Johan David Gerhardus begin het.
.gif)
|
|
 |
|