Free Web Hosting by Netfirms
Web Hosting by Netfirms | Free Domain Names by Netfirms

Stamvader Jan Harm

Home Wilhelm se Lyn Gerrit se Lyn


Die Steenkamps in Suid-Afrika kom 'n ver pad: daar is driehonderd jaar en tien geslagte tussen Jan Harmensz se geboorte in Europa en diè van jongste Steenkamps in die twee takke wat ons hier volg.  Langs die pad het hulle die gene-poel verryk met vrouens wat stam uit Holland, Duitsland, Swede, Denemarke, en Frankryk.

Verskeie Steenkamp-eggenotes was die dogters of kleindogters van stamvaders: op diè manier is die Steenkamps dan ook verwant aan al die Krugers, die Griesels, die Swiegerse en so aan. 

Trouens, die bevolking aan die Kaap was so klein in die vroeë jare dat huwelike tussen kleinneefs en -niggies nie ongewoon was nie. Teen 1691 was daar net oor 'n duisend inwoners, plus ongeveer 400 slawe. Ons, hulle afstammelinge, kom uit 'n baie klein genetiese poel en is maar almal eintlik een groot familie. As ons ouer mense "Oom" en "Tannie" noem, is dit nie verniet nie! 

Steenkamps aan die Kaap

Jan Harmensz STEENKAMP
en Gezina VISSER


Jan Harmensz STEENKAMP  het in 1714  na die Kaap gekom van Nieuwkerk - dis nie duidelik of dit die Hollandse of Belgiese dorpie met dié naam was nie. Die "Harmensz" deel van sy naam is 'n patroniem: voluit "Harmenszoon", menende dat hy die seun was van Harm.

He word eienaar van die plaas "Het Slot" in the Drakenstein Distrik, op 4 April 1715.

Hy moes voor 1747 gesterf het, want dit is wanneer sy tweede vrou hertrou het.

Sy eerste vrou was Gesina VISSER, met wie hy getroud is op 14 October 1714.

Jan and Gezina had vier kinders, die jongste 'n tweeling:

  1. Margaretha, gedoop 1 Sept 1715, getroud met Floris Smit
  2. Johanna, gedoop 4 Oct 1716, getroud met Gerrit Nieuwoudt
  3. Jan, gedoop 18 Sept 1718
  4. Gijsbert, gedoop 18 Sept 1718

Gesina het gesterf tussen die geboorte van haar jongste (miskien met die geboorte?) en 19 Mei 1720, toe Jan vir die tweede maal trou.

Sy tweede vrou was Jannetje VAN ECK.

 

Die Vrou se Kant

Gesina VISSER was die dogter van Gerrit Jansz VISSER, gebore in Overijssel, Friesland,en sy vrou Jannetje Hendriks THIELEMANS, gebore aan die Kaap. ("Jansz" = "Janszoon": seun van Jan)

Gesina se grootouers aan vaderskant was Jan Coenraad VISSER, 'n soldaat en prediker, wat na die Kaap gekom het  in 1657 van  Friesland, waar hy gebore is, en sy vrou Margaretha GERRITS,gebore  in Hardenberg, Nederland, c.1640.

Die twee is getroud in Nederland, c.1653. Margaretha het agtergebly terwyl  Jan Coenraad na die Kaap gekom het -  sy het gevolg in 1662 met hulle vyf kinders.

Gerrit Jansz VISSER, vader van Gesina, was hulle sede kind en die enigste een gebore aan die Kaap.

Hulle tweede kind en oudste seun, Gesina se oom,  Coenraad VISSER, was getroud met Catherina Everts van der Zee, maar hy het ook 'n jarelange verhouding gehad met sy moeder se slavin,Maria van Negapatnam.

Coenraad VISSER was die vader van tien kinders. Ons weet nie hoeveel van hulle was sy vrou s'n nie - sy houvrou Maria had ten minste drie  kinders by hom.

Gesina se grootmoeder Margaretha GERRITS was vermoor deur haar huisslaaf Claas van Malabar:Op 'n Vrydagaand in Maart 1692 was Margaretha in die kombuis besig, toe die slaaf Claas daar deurstap met die byl, op pad om te gaan hout kap. Sy raas nog met hom omdat hy nie reeds die hout klaar gekap het nie, toe skree hy op haar: "Jou lelijke oud hond, jij moogste den selvers gaan haalen!" Sy mik om hom 'n klap te gee, en daarmee kap hy haar in die nek met die byl: haar kop was amper heeltemal af. 

Terug na bo

Jan Harmensz STEENKAMP
en Jannetje VAN ECK



Jan Harmensz STEENKAMP
had 14 kinders,  die oudste vier by sy eerste vrou Gesina VISSER en nog tien by sy tweede vrou, Jannetje VAN ECK.  Hulle het in die  Drakenstein distrik gewoon.

  1. Jan, gedoop 19 Oktober 1721. Hy sterf jonk.
  2. Gesina, gedoop  4 Julie 1723; m. (i) Jan Labuschagne en (ii) Jan Nel.
  3. Jan Harmen, gedoop  3 Des 1724, m. (i) Helena van Heerden (ii) Susanna Minnaar.
                             
    Twee kinders.
  4. Casper Jan Hendrik , gedoop   c.1726, m. Leonora Catharina van Aarde                   11 kinders
                          
       
  5. Anna, gedoop 30 Mar 1727. 
      Sy is in 1772 saam met haar moeder en stiefvader Johan Teutmann op die grens van die Roggeveld deur Boesmans vermoor. 
  6. Lucas, gedoop   24 Julie 1729, m. Johanna Zaal.
                         
    6 kinders
  7. Wilhelm, gedoop  4 Mei 1732, m. Hendrina Smit.

Dertien kinders Hulle 12de kind, Johanna Levina, trou met haar eie neef  Carel Gerrit Steenkamp.

  1. Arie Dirk, gedoop   19 Sep 1734.
           
    Kinderloos
  2. Gerrit, gedoop   7 Okt 1736, m. 10 April 1763 Hendrina Cecilia KRUGER.

Agt kinders. Hulle seun Carel Gerrit trou met sy niggie Johanna Levina, (sien hierbo)

  1. Floris, gedoop 22 Mar 1739.
Terug na bo


Die Vrou se Kant

Ons weet nie veel van Jannetje VAN ECK en haar familie nie.

Sy was die dogter van Adriaan Dirk VAN ECK, gebore c.1680 in Amsterdam, Holland en Johanna HAESTER (of KOESTER), gebore c.1683 in Leiden, Holland. Hulle is in 1691 getroud ; Johanna Koester was die weduwee van Thomas Monk.

Hulle het vyf kinders gehad: behalwe Jannetje was daar  Marijtje, wat met 'n Van der Pijl getroud is, Dirk, Willem en Johan. 

Jannetje was die tweede kind. Sy is 1720 met Jan Steenkamp getroud.

 Nadat Jan Steenkamp in 1744 oorlede is, het  Jannetje van Eck op 2 April 1747 met John Heinrich Teutmann getrou. Die egpaar is albei saam met hulle dogter Anna gedurende 1772 aan die grens van die Roggeveld deur Boesmans vermoor. Dis nie bekend of Jannetje en Teutmann  kinders gehad het nie.

 

Drakenstein

Drakenstein

 

Click To Preview

   

Home / Tuisblad Gerrit se Lyn Wilhelm se lyn
Stamvader Jan Harmensz
Geweerstories Uit Willem se Pen   Willem (Die Swyger) Steenkamp
 

 

E-mail Willem discovery40@mweb.co.za

E-mail Anna annasteenkamp@yahoo.com

Webwerf ontwerp en onderhou deur Anna anna3mc@yahoo.com